Viering van 100 Jaar Afrikaans – ’n Lewende, Warm Suid-Afrikaanse Taal

Share these new ideas

Dis ongelooflik om te dink dat Afrikaans, een van die wêreld se jongste tale, nou sy honderdste bestaansjaar vier. Op 8 Mei 1925 is Afrikaans amptelik as ’n selfstandige taal erken, los van Nederlands, in Suid-Afrika. En vandag, ’n hele eeu later, is Afrikaans steeds een van die mees geprate tale in die land—én buite die landsgrense.

Na raming is daar ongeveer 14 miljoen Afrikaanssprekendes wêreldwyd. In Suid-Afrika alleen praat sowat 7,1 miljoen mense Afrikaans as moedertaal. In die breër Suider-Afrikaanse streek—insluitend Namibië, Botswana, Zambië en ander buurlande—is daar ongeveer 7,4 miljoen Afrikaanssprekendes, veral onder die Afrikaner-diaspora.

’n Taal van Vermenging en Groei

Afrikaans het woorde en invloede uit baie tale opgeneem: Nederlands, natuurlik, maar ook Engels, Maleis, Portugees, Khoi en San tale, isiXhosa, isiZulu en ander plaaslike tale. Dis regtig ’n taal wat uit die aarde van Suidelike Afrika gegroei het.

Al deel Afrikaans en Nederlands wortels, is dit nie meer onderling verstaanbaar nie. As jy Afrikaans in Nederland praat, gaan jy nie ver kom nie—’n Nederlandse spreker mag dalk ’n woord of twee snap, maar die struktuur, ritme en uitdrukkings is heeltemal anders. En as jy as Afrikaanse spreker na Nederlands luister? Baie sterkte! Dis ’n heel ander taal.

’n Oggend in Kalkbaai

Vanoggend was ek by ’n teken byeenkoms n Kalkbaai. Een van my mede-kunstenaars het gesê sy het seer en pyne, want “ek raak nou oud.” Vaarop ek het se: “ek hoop jy bly stout.” Dit het ’n lekker lag uitgelok by haar en die ander kunstenaars wie se moedertaal Afrikaans is.

Toe ek later buite loop —heeltemal onbewus daarvan dat dit vandag die honderdjarige viering van Afrikaans in Suid-Afrika is—het ek gedink aan hoe baie ek Afrikaans mis. Nie net die taal nie, maar die kombuisgeselsies, die warmte. Later daardie aand het ’n aanbieder op Zone Radio in Vishoek—’n oorwegend Engelssprekende plek—’n paar pragtige Afrikaanse liedjies gespeel om die eeufees te vier. Dit het my diep geraak.

Ek het weer gedink aan hoe ek Afrikaans as kind gehoor het: in vakansiehuise naby die see, in die kombuis van familie en vriende, of op ’n plaas in Namibië. Daar waar Afrikaans die klank van kosmaak, lag, en eenvoudige menslike nabyheid dra. Vir my is Afrikaans die taal van huislikheid en warmte.

Woorde Sonder Vertaling

Afrikaans het unieke woorde en uitdrukkings waarvoor daar eenvoudig geen Engelse eweknie is nie:

  • Kuier – gesellig wees, saam wees.
  • Dwaal – ronddwaal met ’n tikkie dagdroom.
  • Onderdeur – jy het now die papal gehaal nie.
  • Voetsek – gaan weg! Maar dit het nie dieselfde impak in Engels nie.

Nog van my gunstelinge:

  • Polvyntjie – cupcake.
  • Allegaartjie – gemengde spul.
  • Ietermagog – ’n pangolien.
  • Asemrowend – pragtig, ongelooflik.
  • Braaibroodjie – roosterbroodjie op die kole. So eg Suid-Afrikaans.
  • Sonbesie – sikade. Letterlik: “son-boktor.”
  • Suigstokkie – lekker op ’n stokkie.
  • Knetter – die geluid van vuur wat knetter.
  • Kibbel – stry, kabbel.
  • Samesyn – saamwees.
  • Dingetjie – iets klein.
  • Deurmekaar – verward, morsig.
  • Babbelas – hoofpyn vevolg van te veel kuier.

’n Gedeelde Geskiedenis

In Suid-Afrika was daar baie huwelike tussen Engels sprekendes en Afrikaanse mans en vroue. Jy kry mense met Engelse vanne wat Afrikaans as moedertaal praat, en ander met Afrikaanse name wat oorwegend Engels praat. Dis deel van ons kultuur erfenis.

Afrikaans het op soveel maniere bygedra: in musiek (Boeremusiek, vastrap), die uitvoerende kunste, beeldende kunste en veral in letterkunde—sommige van die mees aangrypende werke in Suid-Afrikaanse is in Afrikaans geskryf.

Dink aan Jan Smuts, staatsman en denker. Dink aan Dr Christiaan Barnard, wat die wêreld se eerste hartoorplanting uitgevoer het. Afrikaanse mense wat wêreldklas bydraes gelewer het.

Afrikaans is Kosbaar

Afrikaans is ’n geharde, kosbare taal. Dit het gegroei, aangepas en oorleef. Afrikaans groei en ontwikkel nog steeds. Mag dit vir nog ’n honderd jaar blom en leef—met die stemme van geslagte, die ritme van die veld, die lag in kombuise, en die musiek van ’n mense wat dit hulle eie noem.